Local newsNewsNews

Fotoklub hou uitstalling by Vaal Mall

Die Vanderbijlpark Fotografiese Vereniging bestaan reeds sowat 40 jaar en gaan hierdie Saterdag 'n uitstalling van klublede se kunstige foto's by Vaal Mall aanbied.

Die publiek en alle belangstellendes word genooi om tussen 09:00 en 17:00 na die uitstalling te kom kyk. Daar word beplan om meer as 30 pragtige foto’s ten toon te stel.
Daar sal ook geleentheid vir besoekers wees om vir hul gunsteling foto te stem en om met die fotograwe te gesels.
Na afloop van die dag se uitstalling sal stemme vir die fotokeuses getel word. Die foto wat die meeste stemme ontvang sal die wenfoto wees. Al die name van die stemmers vir die wenfoto sal daarna in ‘n hoed gegooi word, en ‘n naam getrek word.
Dié persoon sal dan die gelukkige wenner wees van ‘n canvas van die wenfoto. (Dit sal in ontvangs geneem kan word op ‘n latere stadium as die canvas gedruk is).
Hier is ‘n paar voorbeelde van soortgelyke kwaliteitfoto’s wat op uitstalling sal wees:
Foto: Koos Fourie
Foto: Chanel Enslin
Foto: Suzie de Beer
Foto: Haig Fourie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button