Local newsNewsNews

Afrikadag gevier

Afrikadag word vandag (25 Mei 2022) gevier.

Die dag word in verskeie lande op die vasteland van Afrika en regoor die wêreld gevier en word jaarliks gehou om die stigting van die Organisasie vir Afrika-eenheid op 25 Mei 1963 te herdenk.

Die Organisasie vir Afrika-eenheid is op 9 Julie 2002 in Durban, Suid-Afrika in die Afrika-unie omskep.

The Afrika-unie bestaan uit 55 lidlande op die kontinent van Afrika.

Die hoofdoelwitte van die destydse OAE wat nou as die Afrika-unie bekend staan is:

*Om die eenheid en solidariteit van die Afrika-state te bevorder;

*Om hul samewerking en pogings om ‘n beter lewe vir die mense van Afrika te bewerkstellig te koördineer en te versterk;

*Om hul soewereiniteit, hul territoriale integriteit end onafhanklikheid te verdedig;

*Om alle vorme van kolonialisme uit Afrika uit te roei; en

*Om internasionale samewerking te bevorder, met inagneming van die Handves van die Verenigde Nasies en die Universele Verklaring van Menseregte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button