Local newsNewsNews
Tamaai slaggate gelap
Die organisasie Proudly Three Rivers het onlangs verskeie slaggate in Deerylaan in Drie Riviere reggemaak.
Dit het meer as 244 sakke teer, baie stene en baie tyd gevat om ’n paar van die grootste slaggate in hierdie straat reg te maak.
Een van die slaggate was so groot dat dit alleen meer as 45 sakke teer en baie mannekrag gevat het om te herstel.
Die organisasie help om paaie, sypaadjies en parke in Drie Riviere in stand te hou en verrig werk danksy die maandelikse bydraes van lede.
As jy in Drie Riviere bly en ’n bydrae wil maak kan jy Proudly Three Rivers kontak deur ‘n e-pos aan info@proudly3rivers.co.za te stuur.
Jy kan ook Proudly Three Rivers se Facebook-blad besoek vir meer inligting.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

