Local newsNewsNews

Eerste Midvaal Marathon lok meer as duisend atlete

Meer as 'n duisend mense het Sondag 29 Mei 2022 aan die eerste Midvaal May Marathon in Meyerton deelgeneem.

MEYERTON. – Die marathon is deur die Meyerton Atletiekklub in samewerking met die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit aangebied.

Volgens die amptelike uitslae het 805 atlete aan die marathon (42.2km) deelgeneem, terwyl 370 mense aan die halfmarathon (21.1km) deelgeneem het.

Altesaam 207 mense het aan die 10km-wedloop deelgeneem. Dit is onbekend hoeveel atlete aan die 6km-wedloop deelgeneem het.

Robert Mathonsi van die Khomanani Atletiekklub het die marathon in ‘n tyd van 02:42:37 gewen. Matome Charles Moloto van die AEL Atletiekklub was tweede in ‘n tyd van 02:43:27. Meyerton Atletiekklub se eie William Mokwalakwala het die derde plek behaal in ‘n tyd van 02:46:09.

Natasha Malan van Impala Marathonklub het die dameswedloop (marathon) in ‘n tyd van 03:30:12 gewen. Gaylin Matthews van Sunninghill Striders was tweede in ‘n tyd van 03:30:26. Sonja van der Merwe van Kempton Road Runners was derde in ‘n tyd van 03:32:34.

Besoek https://peaktiming.co.za vir die volledige uitslae.

Teagan Leigh Venter van die ArcelorMittal Atletiekklub Sondag (29 Mei 2022) in aksie tydens die Midvaal Marathon. Foto: Christiaan Cloete
Johan Claassen van die Vaal Atletiekklub in aksie tydens die Midvaal Marathon. Foto: Christiaan Cloete
Dr. Yusuf Suleman van die Run Zone Atletiekklub in aksie tydens die Midvaal Marathon. Foto: Christiaan Cloete
R Ramukhuvhati en Jabu Mtsweni op pad na die eindstreep van die Midvaal Marathon. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button