Local newsNewsNews

Derde hartoperasie vir dapper Mialinke (5)

Mialinke, ons dink aan jou!

VANDERBIJLPARK. – Mialinke Niemand het in September 2021 Vaalweekblad-lesers se harte gesteel toe sy kordaat met haar Springbokondersteuningstrui in die koerant verskyn het.

Agter haar glimlag was daar baie pyn. Anders as ander 4-jariges kon sy nie soos haar maats rondhardloop en speel nie.

Sy word gou moeg en uitasem, kry pyn in haar bors en haar vel, lippe en naels word blou weens ‘n gebrek aan suurstof. Mialinke is gebore met Hipoplastiese Regterhartsindroom (HRHS).

In Mialinke se geval is die twee regter hartkamers onderontwikkel. Niemand kon help nie, totdat hulle by dr. JR Harrisberg, ‘n kardioloog van Sunninghill, uitgekom het.

Om dit te herstel, het haar ouers van die begin af geweet sy sal drie operasies moet ondergaan.

So het Mialinke haar eerste operasie op 9 dae gehad en die tweede een toe sy 13 maande oud was.

In Augustus 2021 het sy baie siek geword en daar is inderhaas begin om fondse in te samel vir die belangrike derde operasie wat bekend staan as die FONTAN prosedure.

Die goeie nuus is dat Mialinke (wat in Januarie haar vyfde verjaardag gevier het) verlede week die laaste van ‘n reeks toetse ondergaan het.

Die spesialiste is tevrede en sy word 5 Junie in die Sunninghill Netcare Hospitaal opgeneem. Die operasie word op 6 Junie gedoen.

Die operasie sou eers op 31 Mei plaasgevind het, maar is deur die chirurg met ‘n week aangeskuif.

Haar ma Janita, het laat weet die operasie neem om en by vier ure en pasiënte bly gewoonlik tussen 10 en 14 dae in die hospitaal.

“Hou Mialinke en die mediese span asseblief in jul gebede,” het sy gevra.

*HRHS is ‘n reeks aangebore hartafwykings aan die regterkant waarin die regterkantste strukture (tricuspidale klep, regterventrikel en/of pulmonale klep) onderontwikkel is of nie gevorm word nie.

Lees gerus meer oor Mialinke hier

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button