Local newsNewsNews

Drie wat kind probeer gryp in hegtenis geneem

Die polisie sê drie jong verdagtes is Saterdag 28 Mei 2022 aangekeer nadat hulle glo ‘n kind tydens ’n sportdag by Laerskool Suikerbos probeer gryp het.

VEREENIGING. – Die skool het in ’n verklaring laat weet dat die kinders veilig is en dat die verdagtes in hegtenis geneem is.

Volgens kapt. Fikile Funda, die polisie se woordvoerder in Vereeniging, word die saak wel deur die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings ondersoek.

Funda het vroeër gesê dat daar geen rekord van die saak is nie, maar nou is daar vasgestel dat die spesialiseenheid die ondersoek behartig en dat die verdagtes reeds in hegtenis geneem is.

Volgens Funda is die verdagtes formeel aangekla en waarskuwingsverklarings by hulle afgeneem.

Hulle is weens hul ouderdomme vrygelaat en in die sorg van hul ouers geplaas.

Die slagoffer se pa het Dinsdagoggend (31 Mei 2022) gesê die polisie moet nog ’n verklaring afneem.

Die skool het in ’n verklaring afrigters, ouers asook ons sekuriteitswagte wat betrokke was bedank vir hul vinnige reaksie gedurende die insident.

“Ons besef net weer watter gevare daar buite is en ons wil graag alle ouers herinner om altyd n wakende oog oor u kinders te hou, veral by groot byeenkomste.

“Laastens wil ons graag ons ondersteuning bied aan die ouers en kinders wat in die traumatiese ervaring betrokke was. Ons gebede en gedagtes gaan ook uit aan hulle op die pad tot herstel,” lui die uittreksel uit die verklaring.

Polisiewoordvoerder kapt. Fikile Funda, kan nou bevestig dat drie verdagtes wel in verband met die voorval in hegtenis geneem is en dat die polisie beslis van die voorval kennis dra. Daar is bevestig dat die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings die saak ondersoek. Photo: Moleboheng Chaha

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button