HealthLifestyleLocal newsNews

Vier 15 jaar van gesondheid saam met Gilbert en ontdek ‘n nuwe jy!

'n Meridiaan-analise word tydens jou gesondheidsondersoek van die hele liggaam gedoen sodat potensiële probleme geïdentifiseer en die beste aanvullings en leefstylaanpassings voorgestel kan word.

In 2006 het Hilton Powell en sy seun, Gilbert Powell, ‘n gesondheidspa onder die handelsnaam SOQI in Vanderbijlpark begin. Die onderneming het merkwaardig gegroei en ongelooflike suksesse behaal, met duisende inwoners van die Vaaldriehoek wat kon baat vind by hul gesondheidsprogramme.

Die besigheid is steeds in die oorspronklike perseel agter Auto Zone op die hoek van Rutherford- en Hertzboulevard in Vanderbijlpark.

In 2015 het Hilton in Thailand afgetree, waar hy steeds woon, en Gilbert het die leisels opgeneem en voortgegaan met die onderneming. Om sy unieke karakter, besigheidstyl en eie stempel te kon hê, het Gilbert die handelsnaam verander na Healing Energy Waves, en bedryf nou al agt jaar suksesvol onder dié naam.

Die natuurlike aanvullingsreekse het geweldig gegroei, en die apparate het ook deur die jare verbeter tot waar dit vandag is. Hulle lewer ‘n “meridiaan-analise” teen R225, waarin hulle vasstel wat die algehele toestand van ‘n mens se liggaam is, om daarvolgens te bepaal watter aanvullings die kliënt benodig, asook watter leefstylveranderinge voorgestel kan word, saam met die spa-program.

Die spa-program is heerlik ontspannend onder die ver-infrarooi koepels, en sodra die liggaam ontspanne is onder die sagte hitte, word ‘n passiewe oefenapparaat (die exerciser elite) gebruik om bloedsirkulasie aan te moedig asook limfdreinering aan te help.

Die publiek kan nou ook ‘n konsessie koop, sou hulle in dié tipe besigheidsgeleentheid belangstel.

Om hul 15de bestaansjaar te vier, bied Healing Energy Waves hul meridiaan-analise nou teen halfprys aan vir diegene wat die “voucher” hier onder uitknip en saambring. Kom vier gerus dié 15de verjaardag saam en ontdek ‘n gesonder jy!

Stoor die geskenkbewys (hier onder) op jou selfoon en toon dit vir 50% afslag op jou Gesondheidsondersoek by Healing Energy Waves. Gaan gesels gerus met Gilbert by 016 931 1939 en vind uit hoe jy ‘n nuwe, gesonder lewe kan geniet!

************************************************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button