Local newsNewsNews
Kunsvlieg op sy beste by Parys-lugskou
PARYS. - Die lug was die afgelope Saterdag vol lewe en onvergeetlike oomblikke by die Parys-vliegveld!
Dit was natuurlik alles te danke aan die kunsvliegaksie deur van Suid-Afrika se beste vertoonvlieëniers.
Die 2022 Parys Airshow, ‘n eerste in sy soort, het vir indrukwekkende kunsvlieg deur bekende vlieëniers soos Nigel Hopkins en Jason Beamish in hul Extra 300’s gesorg.

Nog een van die hoogtepunte van die dag sluit natuurlik die immergewilde Puma Flying Lions in hul T-6 Harvards in.
Vaaldriehoekers het van dié gulde geleentheid gebruik gemaak en ‘n onvergeetlike dag geniet. Gelukkig was daar ook ‘n paar kundige fotograwe wat van die puik aksie vasgevang het.









At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
