Local newsNewsNews

‘Emfuleni se begroting is ongrondwetlik’

Rdl. Gerda Senekal (VF Raadslid: Emfuleni-plaaslike munisipaliteit) het in 'n mediaverklaring gesê dat die VF Plus gister ʼn kennisgewing aan die speaker van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging), Sibongile Soxuza, gestuur het om haar daarop te wys dat die onbefondse 2022/23-begroting ongrondwetlik aanvaar is.

Volgens artikel 160(3) van die Grondwet moet die meerderheid raadslede teenwoordig wees en die begroting steun wanneer ʼn munisipale begroting oorweeg word.

In die geval van Emfuleni het 42 van die 90 verkose raadslede die begroting gesteun.

Die raad het nou ingevolge die Munisipale Finansiële Bestuurswet sewe dae om weer die begroting te oorweeg.

Indien die begroting nie voor die eerste dag van die nuwe finansiële jaar (1 Julie 2022) goedgekeur word nie, moet die raad deur die provinsiale regering ontbind word. Daar sal dan ‘n herverkiesing van die raad moet plaasvind.

Die verklaring lui verder dat die begroting is onrealisties, ongeloofwaardig en nie volhoubaar nie en daarom kan die VF Plus dit nie steun nie.

Selfs Gauteng se provinsiale tesourie het die begroting gekritiseer.

“Die voorgestelde invorderingkoers is onrealisties omdat werkloosheid daagliks toeneem weens ondernemings en fabrieke wat sluit of elders hervestig.

“Die munisipaliteit kan skaars hul eie krediteure betaal en sy uitstaande skuld beloop meer as R5 miljard.

“Die begroting het geen geloofwaardigheid nie omdat die munisipaliteit water en elektrisiteit teen ʼn verlies aanbied, geen of min vullisverwydering plaasvind, die vullisterreine nie aan voorgestelde regulasies voldoen nie en die eiendomwaardasieproses nie aan munisipale eiendomsbelasting-wetgewing voldoen nie.

“Die VF Plus kan nie ʼn begroting steun wat belastingbetalers verder onder finansiële druk plaas en wanadministrasie aanmoedig nie,”sluit die verklaring af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button