Local newsNewsNews

Skrumskakel in erge pyn, ouers vra hulp vir operasie

Die ouers van die skrumskakel van Hoërskool Dr. Malan se o.16 A-span vra dringend vir hulp nadat hul seun, Anton van Wyk (15) sy gewrig tydens ’n rugbywedstryd gebreek het.

MEYERTON. – Volgens Anton se ma,  Angela van Wyk, het Anton op Saterdag 21 Mei 2022 vir Dokkies teen Pietersburg Hoërskool uitgedraf toe hy tydens die wegwedstryd beseer is.

“Hy het tydens die wedstryd ’n teenstander geduik maar toe gaan hulle grond toe en toe buig sy hand agter toe tydens die duikslag,” verduidelik Angela.

Anton van Wyk (15) in aksie op die rugbyveld. Foto: Verskaf

Anton se pa, Pieter van Wyk, is in ’n rolstoel en sy ma is die enigste broodwinner in die gesin is.

Anton het ongelukkig ook nie ’n mediese fonds nie.

“Ek verdien in hierdie stadium nie baie geld nie en op die oomblik bestee ek feitlik ons hele inkomste aan huur en om krag,” vertel sy.

Om dinge erger te maak is daar tans nie plek in staatshospitale nie, wat beteken dat Anton nie onmiddellik geopereer kan word nie.

Pieter vertel: “My kind is in soveel pyn. Hy kan nie in die aande slaap nie. My ouerhart kan dit nie hanteer nie.”

Volgens Angela kon hulle dit intussen regkry om gips aan Anton se gewrig te laat sit.

“Nadat ons gesmeek het om by verskeie staatshospitale kon hulle ons darem Dinsdag (31 Mei 2022) by die Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal help om die gewrig te manipuleer in gips op te sit.

Anton se arm is darem nou in gips, maar hy is in erge pyn en moet vier weke wag vir ‘n groot operasie. Foto: Verskaf

“Hulle het gesê dat Anton oor vier weke moet terugkom vir ’n groot operasie.”

“Maar ons het ook van ander mense gehoor aan wie dieselfde gesê is, wat nog steeds stres omdat daar nie plek vir hulle is nie en die operasies ver agter is,” vertel Angela.

“Al wat ons vra is vir iemand om asseblief ons seun te help met geld. Ek kan kwotasies aan hulle stuur oor presies hoeveel dit gaan kos. Hulle kan dit selfs direk by die dokter inbetaal,” sê Angela.

Mense wat hul weg oopsien om bystand te bied kan vir Angela by 062 547 9845 skakel.

Anton het sy gewrig tydens ‘n duikslag op die rugbyveld beseer. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button