Local newsNewsNews

Wêreldfietsdag gee erkenning aan die fiets as praktiese en omgewingsvriendelike vervoermiddel

Wêreldfietsdag word jaarliks op 3 Junie gevier om erkenning aan die fiets te gee as ‘n betroubare, eenvoudige, skoon, omgewingsvriendelike en volhoubare vervoermiddel.

Die jaarlikse dag is in 2018 April deur die Verenigde Nasies ingestel om die langlewendheid, uniekheid en veelsydigheid van hierdie vervoermiddel te gee.

Die doel van die dag is ook om ’n kultuur van fietsry regoor die wêreld te ontwikkel vir basiese vervoer, pendel en die versterking van fisiese en geestelike gesondheid.

Fietse is reeds vir die afgelope twee eeue in gebruik en dien regoor die wêreld gebruik as ‘n praktiese vervoermiddel vir baie mense.

Dit is ook ‘n omgewingsvriendelike vervoermiddel wat jou baie petrolgeld kan spaar.

Deur ‘n fiets in plaas van ‘n kar te gebruik kan jy help om die vrystelling kweekhuisgasse te vermy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button