LifestyleLocal newsNewsSport

Plaaslike jukskeispelers presteer

Baie geluk aan dié Vereeniging-spelers - Hulle maak ons trots!

VEREENIGING. – Vier lede van die Kiewiet Jukskeiklub (Drie Riviere Aftreeoord) het van 25 tot 28 April aan die Seniorburger-toernooi in Kroonstad deelgeneem en goed presteer.

Debora van der Walt, Peet Muller en Dina en Basie Stander het derde in die Riemland-spanwedstryde geëindig en brons gewen. Riemland het ook die trofee  vir die meeste punte in die toernooi ontvang. Dina en Basie Stander het voorts goud ontvang deur onderskeidelik as een van die vyf beste dames en as een van die vyf beste mans gekies te word.

 

Foto bo: Dina Stander, Deborah vd Walt, Peet Muller en Basie Stander het algeheel derde in die spanwedstryde geëindig en brons huis toe gebring.

Foto bo: Basie Stander.

Foto bo: Dina Stander.

****************************************************************************************************

 

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button