Local newsNewsNews
Tien beseer toe trein en taxi bots
Tien mense is Woensdagaand (1 Junie 2022) by Rensburg in Heidelberg, Gauteng beseer toe 'n taxi en 'n trein gebots het.
HEIDELBERG. – Die voorval het Woensdagaand omsteeks 19:31 naby die R23 gebeur.
Volgens Shawn Hebst, woordvoerder vir Netcare 911, het die taxi glo langs die spoorweg gery toe dit deur ‘n aankomende trein getref is.
Tien van die taxi se besittendes het beserings opgedoen wat van gering na meer ernstig wissel.
Die beseerdes is op die toneel behandel en na ‘n hospitaal geneem vir verdere behandeling.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
