Local newsNewsNews
Bekende in plaaslike restaurantbedryf sterf
Huldeblyke stroom in vir Silvio Pozzan, die eienaar van Rio Sol-restaurant in Vereeniging, wat Maandag oorlede is.
VEREENIGING. – Pozzan is Maandag (6 Junie 2022) oorlede.
Die restaurant skryf ‘n verklaring op hul Facebook-blad: “Ons by Rio Sol is diep hartseer om die afsterwe van ons dierbare vriend, Silvio, aan te kondig.
“Ons is dankbaar vir die tyd wat ons saam met jou gehad het, en sal jou onthou in alles wat ons doen.
“In die stilte van hierdie ondenkbare oomblik haal ons diep asem en dink oor die lewens van die wat afgesterf het en onthou hul bydraes tot ons wêreld.
“Totsiens vir eers, ou maat.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
