Die woel by Kollegepark
Ontmoet Laerskool Kollegepark se besige bytjie en kyk waarmee is die skool besig.
VANDERBIJLPARK. – Daar is altyd ‘n woeiligheid by Laerskool Kollegepark. Behalwe dat die skool regmaak vir hul 45-jaar verjaardag, is hul opedag op hande en het hulle ‘n splinternuwe gelukbringer (mascot) bekendgestel.
Kollbee die besige bytjie mis nie ‘n enkele aksie by die skool nie!

Hy ondersteun die sportspanne en onlangs het hy dit vreeslike geniet toe al sy baie maats by die skool ook in swart en geel soos hy aangetrek was.
Op 25 Mei 2022 het die skool ook ‘n pretdraf gehou. Oud en jonk, onderwysers, ouers en kinders het saam om 17:00 weggespring.
Daar is ‘n 2,5km en ‘n 5km gestap en gedraf. Mnr. Henco het teen Anushka en André in die 2.5 km verloor en moes toe die helfte van sy baard afskeer – tot groot vermaak van die leerlinge.

Al die manspersoneel het ook saamgespan en ‘n spesiale dansie uitgevoer. Gaan loer gerus hier na hul uitvoering van die Macarena.

Vir meer foto’s van die pretdraf, asook die Kollbee aantrek-funkydag, gaan loer gerus op die skool se Facebookblad.
