Local newsNewsNews

Emfuleni-burgemeester: ‘Ons wil harder probeer’

Die uitvoerende burgemeester van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, rdl. Sipho Radebe, sê die Emfuleni Munisipaliteit wil 'harder probeer' om dienste aan inwoners te lewer.

VEREENIGING. – Radebe het Dinsdag (7 Junie 2022) by die Dick Fourie-stadion in Vereeniging gepraat tydens die bekendstelling van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se gefokusde nood diensleweringsprogram.

Die doel van die program is om dienslewering in die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit te verbeter deur die samewerking van verskillende departemente.

Dit sluit die elektriese departement, die departement van afvalbestuur, die departement van paaie en stormwater, die departement van water en sanitasie en die departement van parke en begraafplase in.

Die verskillende afdelings van die munisipaliteit sal van Junie tot Desember op die verskillende wyke in die Emfuleni Plaaslike Munispaliteit fokus om dienslewering te versnel.

Werkers van die munisipaliteit sal gedurende Junie op wyke 1, 4 en 5 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit konsentreer.

In die komende maande sal hulle ook na ander wyke beweeg.

In ‘n ligter oomblik tydens sy toespraak het die burgemeester die burgemeesterskomiteelid vir publieke veiligheid gevra om om te draai en sy kappietrui (“hoodie”) aan die gehoor te toon.

Agter op die kledingstuk was die slagspreuk: “Ons probeer harder.”

Die slagspreuk op die burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid se kappietrui (“hoodjie”) versinnbeeld glo die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se nuwe houding teenoor dienslewering. Foto: Christiaan Cloete

Radebe het toe verduidelik dat hy en sy burgemeesterskomitee tydens vergaderings wat tussen 2 -4 April gehou is ooreengekom dat hulle harder sal probeer.

Ná sy toespraak het hy munisipale werkers se hande geskud en hulle sterkte toegewens met die taak wat voorlê.

Die uitvoerende burgemeester van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit skud blad met munisipale werkers en wens hulle sterkte toe vir die taak wat voorlê. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button