Mialinke (5) – hartoperasie suksesvol
Mialinke, ons dink aan jou en hoop jy is gou weer tuis!
Mialinke Niemand het op 6 Junie 2022 haar derde hartoperasie ondergaan.
Die dokter is baie tevrede en het gesê die operasie het seepglad verloop.
Mialinke is wakker en haar ouers was weer vanoggend daar om haar te besoek.
Sy was maar baie hartseer toe hulle moes gaan, maar het gevra hulle moet vir haar smarties bring.
Mialinke het ‘n goeie nag gehad. Sy is nog op suurstof, maar lyk goed.
Haar longe word net dopgehou om seker te maak daar bou nie vog op nie.
Haar ma, Janita, het laat weet hulle mag haar darem drie keer per dag besoek in die Sunninghill Hospitaal.
“Die verpleegsters is baie goed en hulle het ‘n groot passie vir die kinder en hul werk. Sy is in goeie hande. Baie dankie vir almal se gebede en boodskappe. Dit dra ons verseker!”
Lees meer oor Mialinke se vorige hartoperasies en aangebore kondisie hier .
