Local newsNewsNews
Motorfietsryer sterf in botsing met ligte voertuig by Sonlandpark
’n Man in sy 40’s is Maandag (6 Junie 2022) dood in ’n ongeluk tussen ’n ligte voertuig en ’n motorfiets in Skippie Botharylaan in Sonlandpark, Vereeniging.
VEREENIGING. – Volgens Russel Meiring, ’n woordvoerder vir ER24, het nooddienswerkers met aankoms op die toneel die voertuig en die motorfiets langs die pad aangetref.
“Die motorfietsryer, ’n man in sy 40’s, het ongeveer 20 meter van sy fiets af gelê,” sê Meiring.
Die man het veelvuldige beserings opgedoen en sy toestand het vining versleg.
Nooddienswerkers het alles in hul vermoeë gedoen om die pasiënt te stabiliseer, maar hy het ongelukkig aan beserings beswyk.
Die bestuurder van die voertuig is nie ernstig beseer nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

