Uit my pen – die week in die Vaalweekblad
So 'n voorsmakie wat jul die week in die Vaalweekblad kan lees. Beskikbaar vanaf Woensdag, 8 Junie 2022

Die winter is op hande, gelukkig is daar die week weer lekker leesstof in die Vaalweekblad.
Ons gaan maak ‘n draai by Carli Olivier om meer te leer oor die Spaanse sleeprok waarmee hul dans en hoor ook sommer meer oor Sondag se vertoning by die ERT in Sasolburg.
Dan is daar ‘n onderhoud met een van Vanderbijlpark se opkomende kunstenaars, Harry Broersma. Sy nuwe enkelsnit word nou oral gehoor en geniet.
Ons kuier ook by Yvette Wilde van 50 Shades of Spay en leer die dinamiese vrou met die goue hart vir mens en dier van nader ken.
In my rubriek, Ek sê maar net…, vertel ek hoe verstom ek was oor Brakpan se slaggatlose paaie en hoe woongebiede wat afgesper word my dwars in die krop steek.
Die dat almal met my saamstem nie, maar dis ook goed so.
Die blokraai is besonders moeilik (vir my altans) die week. Ek kan darem met jul deel dat 8 dwars se antwoord Carletonville is. Maar, julle het dit nie by my gehoor nie!
Groetnis
Gerda
