Local newsNewsNews

Gefokusde nooddiensleweringsprogram besoek binnekort dié wyke

Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit het Dinsdag (7 Junie 2022) sy gefokusde nood diensleweringsprogram in Drie Riviere (wyk 1 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit) afgeskop.

VEREENIGING. – Die program sal van Junie tot Desember duur waartydens daar op verskillende wyke in die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit gekonsentreer sal word.

Die doel van die program is om dienslewering te verbeter.

Die verskillende afdelings van die munisipaliteit (elektrisiteit, afvalbestuur, paaie en stormwaterdreine, water en sanitasie, parke en begraafplase) sal hul kragte saamsnoer en op afsonderlike wyke fokus.

Hier is ‘n uiteensetting wat die munisipaliteit gegee het van waar en wanneer die munisipaliteit waar sal werk:

 

Junie 2022

Daar sal gefokus word op wyke 1, 4 en 5 van die Emfuleni Plaaslike Munsipaliteit. Dit sluit Drie Rivere, Vereeniging en Vanderbijlpark in.

Julie 2022

In Julie sal daar op wyke 10 en 15 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit gefokus word. Dit sluit die sakekerns van Vereeniging en Vanderbijlpark in. Daar sal ook op wyk 9 gefokus word wat dele van Vanderbijlpark, die gebied rondom die Vaal Mall, SE1, SE7, SW1 en SW2 insluit.

Augustus 2022

In Augustusmaand sal die munisipaliteit op wyke 16, 21 en 45 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit fokus. Dit sluit Rust-ter-Vaal, Redan, Waldrif, Debonairpark, Roshnee, Dreamland, Sonlandpark, Falcon Ridge, Arconpark, Unitaspark, Duncanville en Krugerlaan in.

September 2022

September is ‘n besige maand vir die gefokusde nood diensleweringsprogram.

Vroeg in September is wyke 3, 7, 8 en 23 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit aan die beurt.

Dit sluit Boipatong, Movhanga, Bophelong, gedeeltes van Vanderbijlpark, gedeeltes van Tshepiso en ‘n gedeelte van CW3 in. Daar sal ook gefokus word op Movhango (uitbreidings 1, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14 en 15).

Later sal die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit hom toespits op wyke 3, 6, 7, 8 en 23. Dit sluit Bophelong, Movhango (uitbreidings 1,2, 3, 4, 17, 15, 16), die plotte in Vanderbijlpark, Theoville Northdene, Driefontein, Marlbank, Stefanopark, Nanescol, Boipatong en CW4 in.

Later in September sal die munisipaliteit fokus op wyke 3, 6, 7, 8 en 23 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit. Dit sluit Boipatong, Movhanga, Bophelong en ‘n gedeelte van Vanderbijlpark in, sowel as Vanderbijlpark Sentraal Wes 1, Bonane, Uibreiding 17, Uitbreiding 18 en die ou Bophelong in.

Oktober 2022

Oktober is net so ‘n besige maand vir die gefokusde nood diensleweringsprogram.

Gedurende Oktober word daar op wyke 11, 12, 13, 14 en 22 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit gefokus. Dit sluit Sharpeville, Tshepiso, Steelpark, Homer, Tshepiso (uitbreidings 3, 4 en 5), Cape Gate, Powerville Park, Kisington en gedeeltes van Putswastena en Vuka in.

Later in Oktober word daar gefokus op wyke 11, 12, 13, 14 en 22. Dit sluit Sharpville en Tshepiso in, sowel as Rooistena, Vergenoeg, Ditengseng, Phelendaba, gedeeltes van Putswastena, Vuka, Lybia, Basothong, Vergenoeg, Matebeleng.

Later in Oktober word daar gefokus op wyke 11, 12, 13, 14, 22. Dit sluit Sharpville en Tshepiso in. In Tshepiso sal werkers Fase 1, Blok A, Blok B, Blok C, Blok D, Fase 2, Blok F, Blok E, Tshepiso Suid, die sakekern en Uitbreiding 3 besoek. Die Hlala kwa Bafileyo informele nedersettings sal besoek word, sowel as Soul City en Tau Bazaar.

November 2022

Die volgende gebiede sal in November besoek word:

Wyke 2, 17, 25, 30, 31, 32, 33, 34 en 37. Dit sluit Sebokeng Hostel, Sone 17, gedeeltes van Sone 14, die Sebokeng-hospitaal, die Vaal Universiteit van Tegnologie se Sebokeng-kampus, Kwa Masiza, Houtkop, Sebokeng Sone 20, Golden Gardens, Sone 20, Fase 2, Kwa-Masiza, Sebokeng Hostel 1 en 2, Eskom Village, Mashoheng Flats, die sake-area, Thabong Mall, Sebokeng Plaza en publieke fasiliteite soos die Sebokeng-hospitaal, die polisiestasie die Vaal Universiteit van Tegnologie se Sebokeng-kampus, Residensia Hoërskool, Sedibeng Kollege, Thabo Vuyo Skoolo en die Departement van Binnelandse sake in.

Later in November word wyke 2, 17, 25, 27, 30, 31, 32, 33, 34 en 37 besoek. Dit sluit gedeeltes van Sebokeng, insluitend Polokong, Boitumelo, Uitbreiding 15, Kanana/Matotomane, Sebokeng, Sone 14, Sone 16, Westside Park Sone 21, die Sone 14- sportsentrum, Sone 10, gedeeltes van Sone 13, Sone 24, Sone 12 en gedeeltes van Sone 13, Sone 11 (Tjhabatsatsi, Molulaqoa, Sone 12 (Thutukani Sekondêre Skool), Sone 11 (Mogogodo Skool, Full Gospell Kerk, Sone 12 (Mthombolwazi), Sone 13 (Maranatha Kerk) in.

Steeds in November sal wyke 2, 17, 25, 27, 30, 31, 32, 33, 34, 36, 37, 38, 39, 40, 42 besoek word. Dit sluit weer gedeeltes van Sebokeng in. Dit sluit ook Boiketlong, Sone 10, Sone 10 (Uibreidings 2 en 3), Sone 12, Sone 7 (Big Ben & Freddy), Sone 7 Ghetto (Biblioteek), Sone 6 Residensia, Sone 6 Thansukwazi, Sone 7 Montsusi Skool en Sone 7 (Ascension Kerk en Evaton Jordan) in.

Sone 7, Sone 7 (Uitbreiding), Sone 7, Eastonside, Gedeelte van Sone 6 (Cavalry Kerk), Sone 3 (Kgutlo Tharo Sekondêre Skool, Sone 3 (Itsebeng Primêre Skool), Lakeside Proper (Mopholosi Skool), Sone 3 (Ekujuneni Skool) en Sone 3 (Emanzini Skool), sowel as Ramoipone Kerk.

Desember 2022

In Desember word daar gefokus op wyke 18, 19, 20, 24, 26, 27, 28, 29, 42, 43 en 44 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit.

Werkers van Emfuleni snoei bome en maak die park in Keistraat skoon op die eerste dag van die gefokusde nooddiensleweringsprogram in Drie Riviere. Foto: Mike Maxwell
Werkers van Emfuleni snoei bome en maak die park in Keistraat skoon op die eerste dag van die gefokusde nooddiensleweringsprogram in Drie Riviere. Foto: Mike Maxwell

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button