Local newsNewsNews

Sasolburg-tak sny 23 ha gras in Mei

SASOLBURG . – Die AfriForum-tak in Sasolburg het in Mei steeds onverpoosd gewoeker met die grassnyery om die dorp netjies te hou. Daar is 23 ha gras gedurende Mei in verskillende areas gesny, waaronder die gebied agter die onderwysdepartement, Oliviershoek, die groenstrook by die NG kerk Fonteine na die Primêre Skool Fonteine, Hoёveld Tuine, Oppermanstraat, …

SASOLBURG . – Die AfriForum-tak in Sasolburg het in Mei steeds onverpoosd gewoeker met die grassnyery om die dorp netjies te hou. Daar is 23 ha gras gedurende Mei in verskillende areas gesny, waaronder die gebied agter die onderwysdepartement, Oliviershoek, die groenstrook by die NG kerk Fonteine na die Primêre Skool Fonteine, Hoёveld Tuine, Oppermanstraat, die groenstrook by Mia’s Place na Nuwekloof na Koeberg, en die Wildkamp by Da Gama en Waterkant. Al hierdie areas is eers skoongemaak voordat die gras gesny is. Hierdie was waarskynlik die laaste grassny voor die winter amptelik aangebreek het.

“Sasolburg se AfriForum-tak doen baie om die dorp netjies te hou endie gemeenskap is hul ewig dankbaar. Die taklede wat al hoe meer betrokke raak, is ’n groot pluspunt vir die dorp. Ek is seker dat daar ander projekte vir die winter sal wees waaraan die gemeenskap kan deelneem,” sê Alta Pretorius, distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Sasolburg” na 45344 (R1).

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button