LifestyleLocal newsNews

Wie kan help om pa van oorlede seun na Ventersdorp te neem?

Die bedroefde pa van Vereeniging het dringend 'n saamrygeleentheid na die landdroskantore in Ventersdorp nodig om 'n amptelike brief te kry om sy oorlede seun se sake te kan afhandel.

Is hier dalk iemand wat kan help?
Mnr. Willie Locke (68) van Leeuhof, Vereeniging, se seun Herman het op 30 November 2021 op pad hospitaal toe gesterf nadat ‘n afleweringsvoertuig van die onderneming waarvoor hy gewerk het, in die nagtelike ure in ‘n ongeluk naby Ventersdorp betrokke was. Herman was ‘n insittende van die voertuig.
Pa Willie se vrou is intussen ook skielik aan natuurlike oorsake oorlede. Hy moet nou dringend ‘n amptelike brief by die Staatsaanklaer in Ventersdorp gaan haal om sy seun se sake af te handel. Finansies is maar skraps en Willie is dringend op soek na ‘n saamrygeleentheid Ventersdorp toe.
As daar dalk iemand is wat hierdie week Ventersdrop toe gaan en bereid is om hom saam te neem, of as iemand dalk ‘n brandstofbydrae wil maak sodat Vaalweekblad kan help om vervoer daarheen en terug vir hom te reël, kontak asb vir Retha van Vaalweekblad by 083 246 0523, of kontak Willie direk by 074 447 1413.
OPDATERING OP 16 JUNIE 2022:
Baie dankie aan die talle lesers wat boodskappe van ondersteuning gestuur het en ook aan die wat bydraes vir brandstof gemaak het. Daar is genoeg geld ingesamel vir brandstof, en Willie sal ook ‘n fooi kan gee aan ‘n vervoeronderneming of individu wat hom na Ventersdorp of Pretoria kan vervoer om die nodige dokumente te gaan afhaal.
Willie bedank die volgende mense uit sy hart uit vir hul skenkings:
Sonet Collins – R200
Christo de Jager – R2000
Cornelia (CL)  – R250
Wilecia – R700
(As daar nog mense is wat bydraes gemaak het wat nie hier genoem word nie, kontak asb vir Retha by 083 246 0523 sodat ons julle name kan byvoeg).
Willie bedank ook die prokureurs wat hulp en raad aangebied het met die hantering van die boedel.
Groot dank ook aan me. Annelize de Jager van Ventersdorp se landdroskantore wat die berig op Vaalweekblad se webwerf/Facebook gesien en ons gekontak het met waardevolle inligting. Dit blyk dat Willie die amptelike dokumente dalk nie in Ventersdorp sal moet gaan afhaal nie maar in Pretoria.
Nogmaals BAIE DANKIE aan almal wat die berig gedeel en en vir almal wat op ‘n manier meegewerk het dat Willie nou geholpe is. – Vaalweekblad.
Willie se oorlede seun, Herman.
Die afleweringsvoertuig waarin Herman kritiek beseer is. Hy het die volgende dag in ‘n ambulans gesterf toe hy na ‘n tweede hospitaal oorgeplaas is.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button