Handre verjaar, en is eersdaags tuis
Veels geluk met jou verjaardag Vinkie! Ons is baie bly om daardie mooi glimlag te sien. Hoop jy is gou tuis!
VANDERBIJLPARK. – Handré Read wat op 27 April 2022 ernstig beseer is in ‘n motorongeluk sterk baie goed aan in die rehabilitasiesentrum in Johannesburg.
Vinkie, soos hy onder sy familie bekend staan, wil nou net huis toe kom.

Juis daarom het van sy vriende, familie en klasmaats op Maandag, 13 Junie giggelgeel aangetrek, sodat hy kan weet almal dink aan hom en wens hy was nou al tuis.
13 Junie is ook die mannetjie se verjaardag. Sy gesin was vroegdag al by hom, almal in geel aangetrek, om vir hom sy geskenk te gee en saam koek te eet.

Op Facebook was daar verskeie instansies en privaat gesinne wat onder #handrekomhuistoe hom geluk gewens het terwyl hulle in hul geel kleredrag gespog het.
Sasolburg Veearts se span het op hul Facebookblad ‘n foto geplaas waar almal in geel geklee was.
Al die mooi wense kan op die Facebookgroep Handré – Vinkie – Read & Gesin besigtig word.
Ons is saam met die Reads baie bly om Handré se groot glimlag te sien.
Hy het baie mense op hul knieë gehad toe hy vir so lank roerloos in die hospitaal gelê het.
Handre is die middelste seun van Laerskool Vaalrivier se hoof, Henro en sy vrou, Karen.
Hy was baie bly toe hy oor die naweek ook sy ouer boetie Juan en kleinboet Sion vir die eerste keer weer kon sien.
Vir meer inligting gaan lees gerus ook vorige berigte oor Handré by https://www.citizen.co.za/vaalweekblad/132940/klein-handre-read-nog-onder-sedasie-maar-beter/ https://www.citizen.co.za/vaalweekblad/134386/handre-read-5-dit-gaan-al-beter/
