Local newsNewsNews

Eerste aap op hierdie dag ruimte toe gestuur

Op hierdie dag 73 jaar gelede (14 Junie in 1949) het Albert II, ’n rhesusaap, die eerste primaat en soogdier geword, om na die ruimte te reis.

Albert II is aanboord ’n V-2 vuurpyl ruimte toe gestuur.

Hoewel Albert II se voorganger, Albert I, skaars ’n hoogte van 48-63 km bereik het, kon Albert II ’n hoogte van 134 km bereik.

Dit is hoër as die Kármán-lyn, ’n denkbeeldige lyn ongeveer 100km bo die aarde, wat as die skeidingslyn tussen die aarde se atmosfeer en die ruimte beskou word.

Dit sou ongelukkig Albert II se laaste ruimtevlug wees.

Albert II is dood nadat ’n valskerm nie gewerk het nie en die kapsule waarin hy was op die aarde neergestort het.

Ham, ‘n Sjimpansee, is een van talle diere wat na die ruimte gestuur is om die uitwerking van ruimtevlugte op die liggaam te bestudeer. Foto: Wikipedia

Verskeie diere is tussen die 1950’s en 1960’s na die ruimte gestuur met sensors aan hulle gekoppel om hul lewenstekens te meet.

Dit is gedoen sodat wetenskaplikes die biologiese uitwerking van ruimtevlugte op diere kon bestudeer.

Die steftesyfer onder hierdie diere was baie hoog. Die meerderheid van die ape wat tussen 1940 en 1950 ruimte toe gestuur is, is dood tydens die ruimtesending of kort daarna.

‘n V-2-vuurpyl, die tipe waarmee Albert II in 1949 na die ruimte gestuur is. Foto: Wikipedia

Miss Baker en Able, twee primate, het in 1959 die eerste diere geword om na die ruimte te reis en veilig terug na die aarde te kom.

Dit was eers ’n dekade ná Albert II se ruimtevlug in 1949 wat die Sowjetunie die eerste mens na die ruimte gesruur het.

Yuri Gagarin het op 12 April 1961 die eerste mens geword om na die ruimte te gaan.

Sam, ‘n rhesusaap, wat in 1959 ruimte toe gestuur is. Foto: Wikipedia

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button