Local newsNewsNews

Miljoene gemors weens onvoldoende oorsig oor Covid-19-bouprojekte

'Die Gautengse departement van infrastruktuur se onvermoë om projekte doeltreffend te bestuur en oordeelkundige besluite te neem, kos die belastingbetaler miljoene.'

Kobus Hoffman (VF Plus-LPW: Gauteng voer aan dat uitbreidings en opgraderings by een hospitaal voor voltooiing gestaak is, terwyl die kontrak by die ander een onwettig was.

“Die bouwerk aan die Kopanong-hospitaal in Vereeniging, wat in 2020 begin het en daarop gemik was om 300 nuwe beddens vir hoofsaaklik Covid-19-pasiënte beskikbaar te stel, is maande daarna onvoltooid deur die kontrakteur gelaat.”

R200 miljoen is aan die kontrakteur betaal.

 

Die VF Plus het die departement gemaan om kontrakteurs wat aangestel word, skriftelik te verwittig dat die departement geen verpligting teenoor subkontrakteurs het nie.

Subkontrakteurs beweer hulle is nie ten volle betaal nie.

“In die geval van Western Deep Level-hospitaal in Carletonville, is ʼn ongeldige kontrak tussen AngloGold Ashanti en die departement aangegaan om die hospitaal wat in 2020 leeggestaan het, in ʼn Covid-19-gerief te verander. Die huurkontrak is na enkele maande onreëlmatig en ongeldig verklaar.”

Die departement het R700 miljoen aan die projek bestee om nuwe beddens te koop en opgraderings te doen.

“Dit is ʼn skande dat huurooreenkomste tussen partye aangegaan word en die wettigheid van die kontrak nie nagegaan word nie. Die belastingbetaler se swaarverdiende geld word vermors op ondeurdagte projekte terwyl duisende mense aan Covid-19 gesterf het,” sê  Hoffman.

“Indien die projekte korrek bestuur was, kon baie lewens gered word.”

Argieffoto

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button