Atlete neem Vereeniging se middestad op horings
Die strate van Vereeniging het op Jeugdag (16 Junie 2022) gekrioel met atlete.
VEREENIGING. – Honderde atlete het Donderdagoggend die koue getrotseer om die Sedibeng Marathon en gepaardgaande halfmarathon en 10 km-wedlope aan te pak.
Die wedloop het by Vaal Skougronde begin en klaargemaak.
Tshidiso Bosiu van Rocky Road Runners het die marathon (42.2 km) in ‘n tyd van 2 uur 33 minute en 50 sekondes gewen. Hy is gevolg deur Lehlohonolo Sehlabe (02:39:13) in die tweede plek en Tankiso Radebe (02:45:47) van Top Runner Atletiekklub in die derde plek.
Marle Rautenbach van Born 2 Run Atletiekklub het die dameswedloop in ‘n tyd van 3 uur 18 minute en 43 sekondes gewen. Rose Jijana van ArcelorMittal Atletiekklub (03:24:17) was tweede en Natasha Malan van Impala Atletiekklub (03:26:40) derde.
Samuel Sibeko van Top Runner Atletiekklub het koning gekraai in die halfmarathon (21.1 km). Hy het die wedloop in ‘n tyd van 01:06:59 gewen met Philemon Mathiba (01:09:49) van Nedbank Atletiekklub in die tweedeplek. Sibeko se spanmaat, Chabeli Nyedmune (01:12:07) van Top Runner Atletiekklub, was derde.
Lebo Mofokeng (01:27:35) was eerste in die halfmarathon vir dames. Kelebogile Motshabi (01:28:27) het tweede gekom en Cecilia Schultz derde (01:43:14).
Neil van der Merwe van Boxer Atletiekklub het die 10 km-wedloop in ‘n tyd van 30 minute en 48 sekondes gewen. Serame Gumede was tweede (00:32:10) en Leslie Mokoena (33:22) van Top Runner Atletiekklub derde.
Holly Thomas van Jeppe Atletiekklub het die 10 km-vrouewedloop in ‘n tyd van 38 minute en 50 sekondes gewen. Elelloang Mafole (40:33) van Batlokoa Atletiekklub was tweede was tweede en Tsholo Phakoe (00:41:31) van Top Runner Atletiekklub derde.




