Local newsNewsNews
Bring Hoop-organisasie verdien handeklap
Die Bring Hoop-organisasie verdien 'n groot handeklap vir al die harde werk wat hul insit.
Lede van die organisasie was onlangs weer baie bedrywig om die gate op die R57 herstel. “Die offramp van Vaalpark na Vanderbijlpark is nou mooi en dan het ons van die groot gate in die bane ook herstel,” vertel Stephen Venter.
Vir dié taak is 120 sakke teer gebruik. Vandaar is die span na Sasolburg waar hulle die slaggate in NJ Van Der Merwe herstel het. “Groot dankie aan AV Theron & Swanepoel Attorneys wat vir ons die sakke teer geborg het.”
Laastens is daar ‘n groot gat op ‘n draai in President Swartstraat herstel.
“Wat ‘n lekker dag vol hoop. Groot dankie aan GSM Instandhouding en Ram Sheoharakh wat weer saam met ons hande gevat het om ‘n verskil te maak.”
“Ons wil baie graag nog gate herstel op die R57 en indien inwoners dat ‘n bydrae finansiëel kan maak of sakke teer kan borg sal dit baie help. Kontak my asb. by 082 573 1190,” vra Stephen.
(Baie dankie Stephen aan jou en jou span. Julle maak ‘n groot verskil – Elsje Vermeulen (Redakteur: Vaalweekblad).






At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

