Local newsNewsNews

Boeresportdag vir pa’s en kinders gehou

By Vaalpark Primêr is families belangrik, daarom het hulle Vadersdag en Jeugdag sommer saam gevier.

VAALPARK. – 16 Junie was Jeugdag en 19 Junie Vadersdag. By Vaalpark Primêr is die twee dae gekombineer met ‘n Vadersdag Braai en Boeresport dag op 16 Junie.

Pieter en PW Coetzer durf die hangende doughnuts aan. “Sjoe, Pa die ding is lekker, maar dis moeilik so sonder hande!” Foto: verskaf

Die dag is deur die leerlingraad aangebied wat gesorg het vir die braaivleisvure en bykos.

Die pa’s, oupas en ooms het hul eie vleis en stoele saamgebring.

“Kruiwa-stoot” het vir groot lag gesorg. Foto: verskaf

Juffrou Maniela Venter sê dit was ‘n ongelooflike lekker dag. Oupas het saam met die kinders balle oor die rugbypalle geklits en die pa’s is goed besig gehou met al die boeresports.

Daar was driebeenresies, “kruiwa-stoot”, eierresies en olieringe eet wat aan toue vasgemaak is.

Die kinders het dit geniet om stokbrood te braai, terwyl die pa’s vir die vleis gesorg het. Foto: verskaf

Naas die vleis op die kole, het die kinders ook stokbrood gebraai en elke oomblik geniet.

Die skool het laat weet hulle is dankbaar vir elke pa, oupa, stiefpa en oom wat opgedaag het om die dag so spesiaal te maak.

Nog foto’s van die pretdag is te siene op Vaalpark Primêr se Facebookblad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button