Local newsNewsNewsSportSport

Landloopatlete ‘wen boerpot’ met landloopbaan by Emerald Casino

Die Emerald Casino het Saterdag (18 Junie 2022) hul perseel beskikbaar gestel vir die vierde ligabyeenkoms van Atletiek Vaaldriehoek se landloopliga.

VANDERBIJLPARK. – Die landloopbaan op die casino se gronde het dit alles gehad; opdraandes, afdraandes, skerp heuweltjies, klipperige gedeeltes, grasserige gedeeltes, grondpaadjies, woude, modder en selfs ‘n houtbrug!

Vanjaar se landloopliga bestaan uit ses ligabyeenkomste wat by Hoërskool Transvalia, die Noordwes Universiteit se Vaaldriehoekkampus, die Vaal Universiteit van Tegnologie, die Emerald Casino  en Stonehaven gehou word.

Die provinsiale kampioenskap vind op 20 Augustus 2022 plaas, waar atlete vir die Vaaldriehoek-span gekies sal word.

Die span sal op 17 September 2022 die Vaaldriehoek by ASA se nasionale landloopkampioenskappe in Rustenburg verteenwoordig.

*Die volgende byeenkoms van Atletiek Vaaldriehoek se landloopliga vind op 23 Julie by die Stonehaven-bergfietsbaan plaas.

‘n Atleet van Hollywood Bets hardloop oor ‘n houtbruggie op die Emerald Casino se perseel. Foto: Christiaan Cloete
Gauke Sereme (links) van Dimathi Atletiekklub en Themba Thingane (regs) van Future Champs Atletiekklub keil mekaar op tydens die 10 km-wedloop vir senior atlete by die Emerald Casino. Foto: Christiaan Cloete
Michael Herweg (links) en Erich Kapp (regs) van Midas High Performance Atletiekklub Saterdag (18 Junie 2022) tydens die 10 km-wedloop vir senior mans. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button