Local newsNewsNews

Klein Marno weer terug in sy eie bed

En daar gaan klein Marno Muller nie na 'n rehabilitasie sentrum toe nie, maar huis toe!

Die wonderlike nuus is gister op Facebook gedeel, en hy kon dus lekker warm in sy eie bed by die huis slaap.
Suid-Afrikaners het gebid vir die klein knapie van die Oos-Rand se herstel en elke tree van sy vordering in die hospitaal gevolg. Na net minder as ‘n maand na die fratsvoorval op 26 Mei (wat maklik sy lewe kon gekos het), is daar nou rede vir blydskap.
Vaalweekblad het ook berig oor Marnu se fratsongeluk by ‘n skool in Brakpan na hy op die glybaan afgegly het en sy baadjie se toutjie aan iets vasgehaak het en om sy keel vasgetrek het.
Dit was onbekend hoe lank hy daar gehang het, maar hy was glo reeds blou toe hy gevind is. Hy was daarna op lewensondersteunende masjiene en met ys toegepak.
Klein Marno op pad huis toe. Foto: Facebook
Hoe wonderlik is sy herstel nie. ‘n Paar dae terug was daar nog gevrees vir sy lewe en daarna was gevrees hoeveel breinskade hy gaan hê.
Boodskappe van vreuge het op Facebook ingestroom. Baie mense voel hulle ken klein Marno amper persoonlik soos hulle die pad saam met hom gestap het.
* Stekte klein vegtertjie!
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button