Local newsNewsNews

Masker dra iets van die verlede!

Na meer as twee jaar (was soms soos 'n leeftyd gevoel het) is dit Woensdagaand bekend gemaak dat Suid-Afrikaners nie meer maskers buite of binnensbuis hoef te dra nie.

Die beperkings op die aantal mense by geleenthede soos sportbyeenkomste, vertonings ens. is ook afgeskaf.

Die minister van gesondheid, Joe Phaahla, het Woensdagaand in die Staatskoerant die laaste drie ingrypende Covid-19 regulasies herroep.

Baie organisasies en opposisie partye het die aankondiging verwelkom.

Die VF Plus het gesê Suid-Afrika moet op die pad van herstel gebring word nadat enorme skade aangerig is aan die ekonomie en mense se welstand deur sinnelose inperkings en regulasies van die afgelope twee jaar.

Solidariteit het ook die ophef van die die regulasies verwelkom. “Ons vertoru dat die regering sy les oor die gevolge van ‘n onredelike inperking  van burgers se regte geleer het,” het dr. Dirk Hermann (Solidariteit: Bestuurshoof) in ‘n verklaring gesê.

Solidariteit, AfriForum en ander groepe het vroeër die regering hof toe gevat oor die regulasies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button