Local newsNewsNews

‘n Seën om ‘n seën vir ander te wees

Nita en haar span bring hoop waar dit die nodigste is.

VANDERBIJLPARK. – Die span van Curbside Blessings Vanderbijlpark het op 16 Junie 2022 die vakansiedag geberuik om na ander uit te reik.

Hul het by die klein huisies omgegaan en onder andere kospakkies, speelgoed, lekkergoed en komberse vir die mense uitgedeel.

Nita van der Merwe sê hulle het ook van die geleentheid gebruik gemaak om sommer so oor die draad en in die straat vir mense te bid.

Die dag was ‘n groot sukses. Sy bedank almal wat vir hul donasies gegee het, asook die span wat gehelp het om die skenkings uit te deel en die mense te bemoedig.

Curbside Blessings is voortdurend besig om uit te reik na minderbevoorregtes en is dus altyd op soek na nie-bederfbare voedsel, seep, tandepasta, skoonmaakmiddels, komberse, klere, skoene en selfs speelgoed.

Kontak Nita by 0625525598 indien jy kan help.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button