Local newsNewsNews

Suksesvolle klopjag op dwelmhuise in Meyerton

"Die harde werk van polisielede van die Sedibeng-misdaadintelligensie, gesteun deur reserviste en privaat veiligheidsmaatskappye om dwelmhuise in Meyerton te ontbloot, gaan nie ongesiens verby nie," sê Kobus Hoffman (VF Plus-LPW: Gauteng).

“In die lig van die stygende misdaadsyfer in Gauteng waar misdadigers die oorhand kry, is daar nog polisielede wat skouer aan die wiel sit om misdaad te help bekamp.”

Hy sê verder die samewerking tussen die polisie, sakesektor en gemeenskap, dien weer as bewys dat groot sukses bereik kan word om die gemeenskap veilig te hou.

Gedurende die klopjag is op ʼn nagemaakte geweer, ammunisie, dwelms – waaronder metamfetamien (tik), kokaïen-rookpype en  ʼn groot hoeveelheid dagga beslag gelê.

Een persoon is in hegtenis geneem.

Die VF Plus het Sedibeng se misdaadintelligensiespan, die Meyerton-reserviste en private veiligheidsmaatskappye bedank vir hul volgehoue diens teenoor die gemeenskap.

Gedurende die klopjag is op ʼn nagemaakte geweer, ammunisie, dwelms – waaronder metamfetamien (tik), kokaïen-rookpype en ʼn groot hoeveelheid dagga beslag gelê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button