Local newsNewsNews

Voertuig bars deur muur, beland in swembad

'n Man het beserings vrygespring toe hy in die vroeë oggendure van Saterdag (25 Junie 2022) beheer oor sy voertuig verloor, deur 'n muur van 'n huis in Sophiastraat in Risiville gebars en in die swembad beland het.

VEREENIGING. – Volgens die dame wat daar bly het sy en haar man geslaap toe hulle bande hoor skree het en toe ‘n harde slag gehoor het.

Toe ons buite kom was die voertuig in die swembad maar niemand by die voertuig nie,” vertel sy.

Volgens die vrou was die water koud en die bestuurder is huis toe om droeë klere te gaan aantrek.

Hy het later teruggekom.

Dit het tussen Vrydagaand (24 Junie 2022) en Saterdagoggend (25 Junie 2022) baie gereën.

Volgens die vrou is dit die eerste keer in 30 jaar wat hulle in die huis bly wat so iets gebeur.

Die voertuig is Saterdagmiddag verwyder.

Volgens die vrou is daar skade aan die muur en moontlik skade aan die swembad ook.

Daar het heelwat olie op die toneel agter gebly.

Die voertuig word uit die swembad verwyder. Foto: A Assist Towing
Die muur wat beskadig is toe die bestuurder beheer verloor het en in die swembad beland het. Foto: A Assist Towing

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button