Local newsNewsNews

Kwadrupleeg in koma nadat krag afgaan, ventilator stop

'n Kwadrupleeg wat met behulp van 'n ventilator asem haal is in 'n koma nadat die masjien weens 'n kragonderbreking in Peacehaven gestop het.

VEREENIGING. – Willie Mutingh lê volgens sy ma in ‘n koma by die MediClinic Vereeniging hospitaal.

Volgens sy ma, Lettie, het die krag Saterdagaand (25 Junie 2022) in die omgewing van 21:00 afgegaan.

Ons was besig om Willie van die ventilator af op suurstof oor te sit toe Willie in die koma gegaan het.”

Die masjien wat Willie Muntingh, ‘n kwadrupleeg, help asem haal werk met elektrisiteit. Foto: Verskaf

Die krag in die buurt was teen Sondagaand steeds af.

Vaalweekblad het in Maart verlede jaar berig dat inwoners van dié buurt swaar gebuk gaan onder kragonderbrekings.

Lettie het toe verduidelik dat Willie se toestelle nie sonder elektrisiteit kan funksioneer nie en dat kragonderbrekings hom erg raak.

Willie is verlam sedert hy as tienerjarige homself beseer het toe in ‘n fratsongeluk by Hoërskool Vereeniging (nou Vereeniging Gimnasium) se swembad.

Prudence Hlanyane, raadslid vir Wyk 15 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, sê inwoners van Peacehaven het amper meer kragonderbrekings as wat hulle krag het.

Inwoners van Peacehaven sit gereeld sonder krag. Die foto is tydens ‘n protesaksie geneem. Foto: Christiaan Cloete

Volgens haar lê die probleem by die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit wat keer op keer dieselfde kontrakteur aanstel ten spyte daarvan dat hulle uit en uit bewys het dat hulle nie in staat is om die werk te doen nie.

Herstelwerk word nie behoorlik gedoen nie en die buurt ervaar gevolglik keer op keer kragonderbrekings. Ten spyte daarvan word dieselfde kontrakteur keer op keer met die tender beloon,” sê sy.

Volgens Hlanyane is die kontrolekamer nie funksioneel nie.

Prudence Hlanyane, raadslid vir Wyk 15 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit. Foto: Christiaan Cloete

“Inwoners wil graag in staat wees om kragonderbrekings te rapporteer en met gerustheid te weet dat die probleem aangespreek sal word.

Op die oomblik word kragonderbrekings gerapporteer en dikwels is daar geen terugvoer nie. Saterdag se kragonderbreking is reeds Saterdagaand gerapporteer maar daar is eers Sondag ‘n boodskap ontvang wat sê: ‘noted’”.

Dan is daar ook die probleem van eiendomme waarop daar onwettig gebou is.

Die eiendomme is nooit gehersoneer nie en op die oomblik is daar te veel mense wat in die buurt bly. Dit plaas enorme druk op die kragnetwerk.

Ons het die departement van plaaslike eknomiese ontwikkeling gewys waar die eiendomme geleë is.

Die vorige burgemeester (eerw. Gift Moerane) was saam met die polisie uit tydens ‘n klopjag wat gehou is, maar niemand het ooit aan die pen gery nie en die mense bly steeds daar en plaas steeds druk op die bestaande kragnetwerk,” sê Hlwanyane.

Die polisie het verledejaar op persele in Peacehaven toegeslaan waar mense onwettig bly op eiendomme wat nooit gehersoneer is nie. Gevolglik plaas dit druk op die bestaande elektriese infrastruktuur. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button