Local newsNewsNews
Eerste OTM op hierdie dag geïnstalleer
Die wêreld se eerste Outomatiese Teller Masjien of OTM is op hierdie dag (27 Junie) in 1967 in Enfield, Londen, geïnstalleer.
Dit was die Indies-gebore Skotse uitvinder John Adrian Shepherd-Barron (23 Junie 1925 – 15 Mei 2010) wat die span gelei het wat die eerste OTM geïnstalleer het.
Die idee vir hierdie uitvindsel het glo na Shepherd-Barron gekom terwyl hy in die bad gelê het.
Die uitvindsel het die manier wat mense kontant trek onherroeplik verander.
Dit is vanjaar die vyf-en-vyftigste herdenking van die installasie van die eerste OTM.
Born: Wikipedia
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

