Local newsNewsNews
Oom Stan (wat half verkluim uit veld gered was) oorlede
Oom Stan (70) soos wat hy later geïdentifiseer is, was byna verkluim en na aan die dood toe hy op 9 Junie in 'n veld in CW5 deur lede van AfriForum gevind is. Hy het geen komberse of warm klere gehad om hom teen die ysige koue van die vorige aand te beskerm nie.

Daarna het sy lewe in ‘n oogwink verander en het omgee en liefde ingestroom. Hy is deur Huis Eliznette met ope arms ontvang, ten spyte van die feit dat hulle geen idee gehad het of hy gaan oorleef nie.
Oom Stan was egter reeds baie swak en het byna niks geëet nie. Daar was ook gevrees dat albei sy voete weens ‘frostbite’ geamputeer sou moes word. word. Geen familie kon opgespoor word om hom te help nie.
Oom Stan is op 19 Junie in sy slaap in ‘n warm bed oorlede.

Alta du Plooy van AfriForum, wat van die begin bedtrokke was met oom Stan skryf:
OOM STAN EN AFRIFORUM SÊ:
“THANK YOU VERY MUCH”
Vandat oom Stan op n ysige wintersoggend op 9 Junie deur die Afriforum manne in n veld gekry is, het die gemeenskap opgestaan in die Vaaldriehoek en hul harte en hande wyd oopgemaak.
Daar was Bryanette en Hawie van Eliznette Huis vir Bejaardes wat hom sonder vrae ingevat en versorg het. ‘n Taak wat hulle met liefde en die Here se leiding onbaatsugtige verrig het.
Daar was Helplift en die Weermagveterane wat onmiddelik hand kom bysit het.
Daar was Vaalweekblad, ons eie omgee nuuskantoor, wat met deernis oom Stan se verhaal en behoeftes met almal gedeel het.
Daar was ‘n magdom oproepe, skenkings, donasies en gebede van ‘n gemeenskap met ‘n hart van goud. Elke boodskap wat ons met oom Stan gedeel het was altyd begroet met ‘n “Thank you very much for helping me.”
Oom Stan is op 19 Junie sagkens deur sy Skepper in sy slaap kom haal. Maar die verhaal van hoop het nie hier geëindig nie.
Namens die Afriforum span en die Vaaldriehoek-gemeenskap wil ons ‘n spesiale woord van dank uiter aan Martin’s Begrafnisdienste in Vanderbijlpark.
Dankie Neill, Okkie, Willie en al die personeel van Martin’s wat oom Stan vir ons kosteloos kom haal het daardie Sondagoggend, die Binnelandse Sake nagmerrie hanteer het en onbaatsugtige hom gratis met “dignity” begrawe het.
Dankie aan Mike van Sue-Marie bloemiste vir die mooi ruiker op die kis. Dankie aan Nanescol Privaat Begrafplaas vir julle hulp met die graf en begrafnis.
WAT N ONGELOOFLIKE VERSKIL KAN ‘N GEMEENSKAP WAT HANDEVAT MAAK – ONS WAARDEER OPREG.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
