Local newsNewsNews

Tweede geval van aappokke, groot moontlikheid van plaaslike oordrag

Die department van gesondheid het Dinsdag (28 Junie 2022) ’n tweede geval van aappokke in Suid-Afrika bevestig.

Die nasionale instituut vir oordraagbare siektes (Nios) sê in ’n verklaring dat die 32-jarige man van Wes-Kaap by wie die siekte gediagnoseer is nie onlangs gereis het nie.

 

Aappokke is ’n week gelede ook by ’n 30-jarige man van Johannesburg gediagnoseer. Dit is die eerste bevestigde geval van aappokke in Suid-Afrika. Dié man het ook nie gereis nie.

 

Die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla, het in ’n verklaring gesê die feit dat nie een van die mans gereis het nie dui daarop dat daar ’n groot moontlikheid van plaaslike oordrag is.

 

Hoewel daar volgens Nios nie rede tot paniek is nie, word lede van die publiek gevra om op die uitkyk te wees vir simptome van aappokke.

 

Die simptome sluit koors, intense hoofpyn, spierpyn, rugpyn, lae energievlakke, geswelde limfkliere en ’n uitslag op die vel  of blase in.

 

Mense wat vermoed hulle het aappokke word aangeraai om ’n dokter te gaan sien. Bevestigde gevalle behoort by huls huis of by ’n hospitaal geisoleer word en moet nie met ander mense in aanraking kom nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button