Local newsNewsNews

Versteekte “herwinnigstasie” in park ontdek

Vaalweekblad het Donderdag (30 Junie 2022) 'n versteekte herwinningstasie in die parkgebied langs Deerylan in Drie Riviere ontdek.

VEREENIGING. – Terwyl werkers van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se parke-afdeling oorkant die pad besig was om gras te sny en takke te snoei om Vosloopark se voorkoms te verbeter was dit besigheid soos gewoonlik by die “herwinningstasie”.

Nie te ver daarvan af nie is daar ‘n teken wat waarsku dat mense wat rommel in die park strooi met R2000 beboet kan word.

Te oordeel aan lugfoto’s lyk dit of alle mensegemaakte rommel – insluitend plastiek, karton, glas en selfs skrootmetaal – daar verwerk word.

Vragte word kort-kort deur ‘n oorlaaide bakkies opgetel en weggery.

Die park word al vir ‘n geruime tyd as ‘n onwettige stortingsterrein gebruik.

Selfs inwoners van woonstelle in Deerylaan strooi self hul rommel hier voor hul eie deur.

‘n Lugfoto van die herwinnigstasie. Foto: Christiaan Cloete
Borde waarsku oor ‘n R2000 boete maar die “herwinnaars” is min gespin. Foto: Christiaan Cloete
Oorlaaide bakkies stop kort-kort by die ‘herwinningstasie’ om vragte weg te ry. Foto: Christiaan Cloete
Oorkant die pad snoei werkers van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit gras om Vosloopark se voorkoms te verbeter. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button