Local newsNewsNewsSportSport

R78-miljoen sokkerstadion vir Savanna City

Planne vir 'n R78-miljoen sokkerstadion en atletiekbaan by die Savanna City ontwikkeling in die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit is reeds goedgekeur en bouwerk sal eersdaags begin.

MIDVAAL. – Dit is vroeër vandeesweek deur die burgemeester van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit, raadsheer Peter Teixeira, onthul tydens sy munisipale rede in Henley-on-Klip.

Volgens Teixeira is die tegniese planne reeds goedgekeur en sal bouwerk in die 2022/2023 finansiële jaar begin.

Die sportsentrum wat beplan word sluit glo ‘n splinternuwe atletiekbaan en sokkerveld, sowel as ‘n pawiljoen en administratiewe kantore in.

Volgens Teixeira is die plan om goedkeuring by die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging en die Premiersokkerliga te verkry om wedstryde daar aan te bied en om top-spanne soos Kiazer Chiefs en Orlando Pirates (Teixeira se gunstelling span) na Midvaal te lok.

Teixeira hoop om ook rugbyspanne na die stadion te lok en ‘n Gauteng Valke-span in die gebied te vestig.

Die Gauteng Leeus en Blou Bulle sal ook welkom wees om by die stadion te speel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button