Local newsNewsNews

Emfuleni se munisipale rede op ys geplaas na betogings in Evaton

Die burgemeester van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, raadslid Sipho Radebe, se munisipale rede kon Vrydag (1 Julie 2022) nie voortgaan nie nadat die geleentheid deur betogings oor dienslewering in Evaton North ontwrig is.

EVATON. – Lede van die gemeenskap van “Cuba” in Evaton Noord het drie toegangspaaie na die Wilberforce-gemeenskapsentrum, waar Radebe sy toespraak sou hou, versper.

Dit het daartoe gelei dat die provinsiale rede eers uitgestel is en later afgestel is.

Volgens ‘n verklaring wat later deur die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit uitgereik is het inwoners aangedring dat die kragtoevoer na die gebied deur Eskom herstel word.

Van die inwoners het aangedring om met die burgemeester te praat.

Radebe het tydens samesprekings die versekering gegee dat die burgemeesterskomiteelid vir openbare werke, raadslid Vincent Jones en sy span inwoners sou bystaan.

Volgens die verklaring het Radebe ook met Eskom in gesprek getree. Die kragvoorsiener glo bewus van die uitdaging wat verband hou met ‘n foutiewe skakelaar by een van die substasies.

Volgens Emfuleni se verklaring het die kragvoorsiener kommer uitgespreek oor mense van die omgewing wat onwettig krag trek en op hierdie wyse netwerke oorlaai. Volgens die verklaring is daar “bitter min mense” wat vir hul elektrisiteit betaal.

Baie mense in Emfuleni is nie meer klante wat vir elektrisiteit betaal nie, maar hulle gebruik elektrisiteit. As ‘n munisipaliteit moet ons moet planne vorendag kom om te verseker dat mense betaal vir die elektrisiteit wat hulle verbruik,” lui ‘n uittreksel uit die verklaring.

Radebe het ‘n beroep op inwoners gedoen om die munisipaliteit en Eskom die kans te gee om ‘n audit op inwoners se meters te doen om die volhoubaarheid van kragvoorsiening in die toekoms te verseker.

Radebe het aan media gesê hy moet met sy burgemeesterskomitee siot om te bepaal of die munisipale rede later gehou sal word en of dit afgestel sal word.

In hierdie stadium kan ons nie sê of die munisipale rede nog voort sal gaan nie. Ek sal eers met die lede van die burgemeesterskomitee en die speaker, raadslid Sibongile Soxuza daaroor moet vergader,” het Radebe laat weet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button