LifestyleLocal newsNews

Midvaal se Hoofsweep gee jongste stadsraadsnuus

Midvaal-munisipaliteit het 'n nuwe bankrekeningnommer. Teen die einde van Julie moet alle inwoners hul betalings aanpas na die nuwe NEDBANK rekening.

Deur Phil C. Pretorius, DA-Hoofsweep: Midvaal Plaaslike Munisipaliteit

Na die onlangse aankondiging dat die DA-beheerde Midvaal Munisipaliteit deur RatingsAfrika aangewys is as die Finansieel Volhoubaarste Munisipaliteit in Suid-Afrika vir die 2020-2021 boekjaar, het Midvaal nie op hul louere gaan rus nie. Die aankondiging het ‘n glimlag op bestuur se gesigte geplaas en in die verbygaan ‘n wuif gekry, maar die besigheid van die dag het spoedig voortgegaan.

Met talle addisionele kontrakteurs wat aangestel is om die skade en gevolglike agterstande wat deur swaar reën veroorsaak is, te mitigeer, het Midvaal ‘n noemenswaardige hap geneem uit die diensleweringsolifant. In Januarie vanjaar is ‘n addisionele R5 miljoen geskuif in die aanpassingsbegroting om drie nuwe vullisverwyderingskompakteerders te bestel wat binnekort afgelewer word.

Die Midvaal Raad het op die gemeenskap se versoeke ag geslaan deur ‘n addisionele R25 miljoen te begroot vir paaie in die 2022-2023 boekjaar, wat 1 Julie vanjaar begin. Intussen is slaggat-, verwer-, grassny-, water- en elekrtisiteitspanne druk besig om Midvaal op te knap. Gedurende die ses maande se hoë reënval het Midvaal nie gaan lê nie, maar die bul by die horings gepak, planne gemaak en opgevang. Slaggate wat nie herstel kon word in die nat weer nie is met vors en mening aangeval met die eerste sonskyn. Talle ekstra spanne het ingeklim en geteer, gras gesny, ligte herstel en inspeksies gedoen met eerste lig.

Ons is egter die eerstes om te erken dat daar altyd ruimte vir verbetering is en verwelkom enige voorstelle of komplimente. Selfs probleme met die MyMidvaalApp word uitgesorteer en as u steeds nie die hulp kry wat u belowe is nie, hou asseblief aan om die hulplyn te kontak, op te volg en u plaaslike wyksraadslid in kennis te stel. Hou u verwysingsnommer, soos verskaf deur die MyMidvaalApp en/of die kliëntedienslyn, byderhand vir vinnige naspoordoeleindes.

Baie dankie vir die ongelooflike ondersteuning wat ons van u as Midvaal gemeenskap ontvang om hierdie voorwaar die BESTE MUNISIPALITEIT in Suid-Afrika te maak.

Onthou ook asseblief van die amnestie op die aanmeld van elektristeitsmeter-peuter vanaf 23 Mei tot 23 Augustus vanjaar, soos in ʼn vroeër Hoofsweep Rapport berig. Vir meer inligting, kontak die kliëntediensnommer 0861 643 8225 of stuur ‘n e-pos na IpelengN@midvaal.gov.za.

Ek herinner u ook vriendelik aan Midvaal se nuwe bankrekeningnommer. Teen die einde van Julie vanjaar moet alle inwoners asseblief hul betalings aanpas na die nuwe NEDBANK rekening.

Alle inbetalings vanaf 1 Augustus  MOET dus in die nuwe Nedbankrekening wees.

Midvaal Local Municipality,

Rekeningnommer: 122 479 7469,

Tak: Sentraal Gauteng,

Takkode: 198765.

Gebruik jou munisipale rekeningnommer as verwysingsnommer.

Vir meer inligting in dié verband, skakel (016) 360 7457/8 of stuur ‘n e-pos na accounts@midvaal.gov.za

 

Trotse Midvaal Groete, Ph!l.

Web: www.midvaal.gov.za

Facebook: Midvaal Local Municipality en Midvaal News Network

Tel: 0861 643 8225

MyMidvaal App

 

*************************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button