Local newsNewsNews

Gemeenskap van Leeuhof benodig meubels en toebehore vir gemeenskapsaal

Die arm gemeenskap van Leeuhof in Vereeniging is op soek na tafels, stoele, gordyne, eetgery, borde, bekers, 'n yskas, vrieskas, 'n tuimeldroeër en 'n stoof vir hul gemeenskapsaal.

VEREENIGING. – Volgens Sandra Seedat, ‘n inwoner, word die saal deur die gemeenskap gebruik vir geleenthede, begrafnisse, kerk, fondsinsamelings en gemeenskapsvergaderings.

As daar mense is wat van hierdie items het wat hulle nie meer gebruik nie of kan afstaan, vra ons hulle om dit asseblief aan die gemeenskap van Leeuhof te skenk. Ons het ‘n groot behoefte daaraan,” sê sy.

Mense wat bereid is om te help kan vir Leyla by 068 519 2997 skakel.

Die gemeenskapsaal van Leeuhof. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button