Blitz Pawn: Ouwêreldse diens by nuwe adresse!
Die eerste winkel wat jare lank in Ericsonstraat bedryf is, het nou verhuis na die hoek van Genl. Smuts en Livingston-boulevard (by die sirkel langs Cool Sound).

VANDERBIJLPARK. – Jarelange inwoners van Vanderbijlpark ken Blitz Pandwinkel (Blitz Pawn) al byna 50 jaar as ‘n vertroude sakeonderneming wat kliënte deur dik en dun bystaan. Die winkel is in 1973 deur wyle Piena Pelser begin en is 11 jaar gelede deur Wessel Enslin oorgekoop. Daar is nou reeds twee takke in die dorp.
Die eerste winkel wat jare lank in Ericsonstraat bedryf is, het nou verhuis na die hoek van Genl. Smuts en Livingston-boulevard (by die sirkel langs Cool Sound).
“Die nuwe winkel is meer opsigtelik en makliker bereikbaar vir meer mense,” sê Wessel. Nog ‘n tak van Blitz Pawn het verlede jaar ook in Edison-boulevard (langs Xtra Shoes) in Vanderbijlpark geopen.
Wessel kom uit ‘n familie van sakemense van wie verskeie in pandwinkels gespesialieer het. Wessel het dus van kleins af vertroud geraak met goeie sakebeginsels soos eerlikheid, outydse waardes en uitstekende kliëntediens.
“Wat ons anders maak as baie ander pandwinkels is dat Blitz Pawn nie deel van ‘n franchise is nie, daarom kan ons beter pryse en ‘n meer persoonlike diens aanbied. Ons het persoonlike verhoudings met ons kliënte en probeer altyd help, soveel as wat ons kan,” sê hy.
Blitz Pawn se personeel gaan haal goedere by kliënte se huise met ‘n trokkie en lewer ook af, selfs sover as Bloemfontein (teen ‘n ekstra fooi).
Blitz Pawn hou tweedehandse goedere aan, maar ook nuwe meubels en beddens waarvan jy groot hoeveelhede teen uitstekende pryse kan bestel vir byvoorbeeld gastehuise of koshuise. Al wat jy nodig het as as jy artikels by Blitz Pawn wil verpand of verkoop, is ‘n geldige ID of paspoort.
Blitz Pawn se dienste sluit in:
* Koop en verkoop gehalte tweedehandse meubels, yskaste, wasmasjiene, laptops, selfone en vele meer.
* Verpand ook goedere teen billike rente
* Gaan haal jou goedere gratis wanneer jy iets pand of verkoop
* Hulle pand ook voertuie, motorfietse en bakkies
Kom maak gerus ‘n draai by Blitz Pawn se takke of kontak hulle by (016) 933 9743 of 074 022 0351 of 062 153 5425. Besoek hul Facebook-blad by Blitz Pawn.

Kom maak gerus kennis met Mandie en Debbie, die bestuurders van Blitz Pandwinkels se onderskeie takke.

Foto bo: Blitz Pawn se nuwe gebou op die hoek van Genl. Smuts en Livingston-boulevard langs Cool Sound. Kontak hulle by (016) 933 9743 of 074 022 0351.

Foto bo: Blitz Pawns se ander tak in Edison-boulevard langs Xtra Shoes. Kontak hulle by 062 153 5425.
*************************************************************************

