Local newsNewsNews

Miljoene beskikbaar gestel vir die herstel van paaie ná reënseisoen

Die burgeemeester van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit sê 75% van die munisipaliteit se kapitaalbestedingsbegroting van R180 mijoen sal in die volgende jaar op dienslewering en infrastruktuurontwikkeling spandeer word.

HENLEY-ON-KLIP. – Die burgemeester, raadsheer Peter Teixeira, het verlede week so gesê tydens sy munisipale rede in Henley-on-Klip.

Teixeira sê: “Die afgelope somerseisoen het ongekende reën gebring wat aansienlike skade aan ons padinfrastruktuurnetwerke veroorsaak het.

Ons het dus die begroting vir die verbetering van paaie in die komende boekjaar met ‘n verdere R25 miljoen verhoog.”

Teixeira het tydens sy toespraak gesê dit verg ‘n kombinasie toegewydheid en vasbeslotenheid om dinge gedoen te kry om ‘n suksesvolle plaaslike regering te bestuur.

Ons sal hard werk om te verseker dat ons basiese dienste aan al ons inwoners lewer. Ons sal toegang tot dienste verbeter in die gebiede waar dienslewering die meeste benodig word.

‘n Midvaal wat ons almal ons tuiste kan noem is ‘n Midvaal waar alle inwoners die voordele van ‘n goedbestuurde munisipaliteit wat 8 agtereenvolgende skoon oudits gekry het kan sien, voel en ervaar,” het Teixeira gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button