Local newsNewsNews

Ons hartpasiënt, Mialinke (5) speel al “gholf”

Dit gaan goed met Mialinke.

VANDERBIJLPARK. – Mialinke Niemand (5) het verlede maand haar derde hartoperasie ondergaan. Sy sterk tuis aan en haar ma, Janita, het laat weet dit gaan baie goed met die dapper vegtertjie.

Haar bors is nog maar seer as sy nies of hoes, maar andersins is sy haar woelige self. Op Maandag, 4 Julie het haar ma ‘n kort video op hul Heart Warrior Mialinke se Facebookblad geplaas waar sy al ‘n paar gholfballe slaan. Die ene glimlaggies soos gewoonlik. Kyk gerus hier. 

Sy speel ook weer lekker pop en geniet die lewe.

Mialinke gaan eersdaags vir haar opvolgbesoek aan die dokter. Ons glo en vertrou dat die spesialis ook tevrede sal wees met haar vordering.

Mialinke is gebore met Hipoplastiese Regterhartsindroom (HRHS). HRHS is ‘n reeks aangebore hartafwykings aan die regterkant waarin die regterkantste strukture (tricuspidale klep, regterventrikel en/of pulmonale klep) onderontwikkel is of nie gevorm word nie.

In Mialinke se geval is die twee regter hartkamers onderontwikkel. Niemand kon help nie, totdat hulle by dr. JR Harrisberg, ‘n kardioloog van Sunninghill, uitgekom het.

Om dit te herstel, het haar ouers van die begin af geweet sy sal drie operasies moet ondergaan.

So het Mialinke haar eerste operasie op 9 dae gehad en die tweede een toe sy 13 maande oud was.

In Junie is die laaste operasie, bekend as die FONTAN prosedure uitgevoer. Die operasie het etlike ure geduur. Mialinke het almal verras toe sy gouer as wat verwag is sterk genoeg was om ontslaan te word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button