Local newsNewsNews

Bianca maak speelgoed van ‘n ander aard

Die Vaaldriehoek het verskeie jongmense wat woeker met hul talente. Bianca Trauernicht is een van hulle.

MEYERTON. – Terwyl die ekonomie wankel en werkloosheidsyfers steeds styg, is dit goed om met jongmense kennis te maak wat entrepreneurs is en vir hulself en ander werk skep.

Bianca Trauernicht is een van hulle. Op 28 is sy ‘n gekwalifiseerde prokureur met ‘n LLB-graad in die sak, maar tans lê haar passie buite die regte.

Sy is al vir jare betrokke by ‘n onderneming wat hout- en staalwerk vervaardig. Sowat ‘n jaar gelede het sy die geleentheid gehad om die besigheid haar eie te maak en het sy die fokus verander na unieke speelterrein speelgoed.

Van Bianca se werk is in die groot erf te sien op die familie kleinhoewe in Meyerton.

Hier is klimrame wat volwassenes weer sal lus maak vir klim en klouter. Alles is van hout gemaak, met skroewe aanmekaar gesit en geen spykers in sig nie.

Kinder-vriendelik tot by die laaste handvatsel en deur. Deur op ‘n klimraam? Verseker!

Hier kry mens enige iets van kasteeltorings tot by trokkies met sleepwaens en skepe.

Bianca en haar span het selfs al ‘n helikopter en ‘n houtkaravaan gebou.

“Ek kry al die idees en dan moet my span dit tot uitvoer bring,” lag sy.

Nie dat sy terugstaan vir harde werk nie. Sy gaan lewer self die groot speelgoed af en sit dit finaal aanmekaar waar dit staangemaak word.

In die middel is ‘n klim en klouter vir kleuters omring deur van die houtklimrame vir ouer kinders

“Ek geniet dit baie om buite te werk en lang ure het my nog nooit afgesit nie,” vertel sy met ‘n glimlag.

Bianca het in Meyerton grootgeword en alhoewel haar kop op ‘n stadium VSA toe gestaan het om daar met beeste te gaan werk, hou haar besigheid haar nou te besig.

Sy is ook nie net betrokke by die maak van die unieke speelgoed nie, daar is ook die raamwerk van besonderse klip portrette.

In die afgelope 10 jaar sedert sy matriek geskryf het, het Bianca met haar talente gewoeker. Sy geniet dit om die kinders se gesigte te sien as hul die eerste keer die voltooide klimrame onder oë kry.

Haar grootste bewonderaars en kritici is juis haar broer se seun en dogter van 9 en 11 jaar oud.

“As daardie twee sê iets gaan nie werk nie, dan gaan dit nie werk nie, maar as ek ‘n ‘dis epic’ van hulle kry, dan weet ek hier is ‘n wenner,” beduie sy.

Gaan geloer gerus op hul Facebookblad, Carp Steel (Pty) Ltd vir meer inligting en foto’s.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button