Local newsNewsNews

Goeie nuus vir vuurwapeneienaars insake lisensies

Die verlangde direktiewe vir die prosesse wat gevolg moet word deur die publiek, sowel as SAPD-lede wat gemoeid is met lisensie hernuwings, is onlangs uitgereik.

AfriForum verwelkom die klarigheid wat die SAPD bewerkstelllig het oor die hernuwing van vervalde vuurwapenlisensies, deur die uitreiking van direktiewe wat klaarblyklik sedert 1 Julie 2022 die rondte doen by polisiestasies oor die land heen.

Vroeër die jaar het die Konstitusionele Hof in die guns van Fidelity Security Services (Edms.) Bpk. beslis, deurdat vuurwapeneienaars wie se lisensies alreeds verval het, nie verbied mag word om hul lisensies te hernu om sodoende weer in wettige besit van sodanige vuurwapens te wees nie.

AfriForum het na gelang van dié beslissing te kenne gegee dat Bheki Cele, die minister van Polisie, so gou moontlik klarigheid moet gee oor die proses wat vuurwapeneienaars moet volg om uiting te gee aan die hof se beslissing.

Die verlangde direktiewe is uitgereik deur lt.genl. Michael Motlhala en stel die prosesse wat gevolg moet word deur die publiek, sowel as SAPD-lede wat gemoeid is met lisensie hernuwings.

In kort is enige lisensiehouer wie se vuurwapenlisensie verval het, geregtig om aansoek te doen om hernuwing sonder enige vrees van vervolging of onteiening van hul vuurwapen.

“Ons is verheug dat die nodige klarigheid so spoedig na die hofbevel gegee is en vertrou dat lede van die SAPD enige hernuwingsaansoeke in ooreenstemming met die hofbevel en direktiewe sal hanteer.

“Ons glo dat baie vuurwapeneienaars wat in die donker gelaat is weens die onsekerheid wat geheers het rondom hernuwingsaansoeke wat na die vervaldatum by die SAPD ingedien is, nou iets van die verlede is,” sê Armand Greyling, regs- en risikobeampte by AfriForum.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button