Local newsNewsNews

Bekende dokter in sy slaap oorlede

Die dokter was geliefd onder sy pasiënte.

VEREENIGING. – Huldeblyke het die afgelope tyd vir dr. Frikkie Rademan (57) op sosiale media ingestroom.

Dr. Rademan is Woensdagoggend (6 Julie), net na 00:25 in sy slaap oorlede.

Hy was ten tyde van sy afsterwe woonagtig te Vaal de Grace, net buite Parys.

Hy laat sy vrou, Anje, twee dogters, Veruschka (mediese dokter van Bloemfontein) en Kiara (student aan Universiteit van Stellenbosch), en seun, Frederik (leerling aan Grey Kollege) agter.

Hy word ook oorleef deur sy moeder, Hettie Rademan en twee susters, Dalene Braude van Mosselbaai en dr. Therine Rademan (McIntyre) van Vereeniging.

Sy pa, wyle Japie Rademan, was ook `n leerling aan Grey Kollege en skoolkaptein.

Dr. Rademan het sy skoolloopbaan te Grey Kollege voltooi waarna hy as mediese dokter aan die Universiteit van Stellenbosch gekwalifiseer het.

Hy was vir baie jare praktiserend in Vereeniging.

Hy het in 2008 ook sy MMED in familie medisyne deur Universiteit van Pretoria voltooi.

Sy familie beskryf hom as ‘n passievolle en gedrewe man.

Hy het onder meer estetiese medisyne beoefen sowel as ‘n wildsplaas bedryf.

Die afgelope aantal jare was hy as gevolg van ‘n jagongeluk, waarin hy sy been verloor het, nie meer aktief in praktyk nie.

Dr. Rademan was ‘n kranige sportman en het onder andere Proteakleure in kleiduifskiet verwerf.

Hy het ook ‘n wye belangstelling in verskeie aktiwiteite getoon en het alles met oorgawe aangepak.

Hy het reeds vroeg in sy lewe ‘n vlieglisensie gekry en later ook as helikoptervlieënier gekwalifiseer.

Dr. Rademan was baie gewild onder sy pasiënte en hy sal onthou word as ‘n joviale, dinamiese en avontuurlustige mens.

‘n Gedenkdiens word op 10 Julie om 12:00 by die NG Gemeente Vredefort gehou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button