LifestyleLocal newsNews

Dorp se eerste koerant leef tot vandag toe voort onder nuwe naam

'n Skotse lettersetter, Thomas Grieve, het Vereeniging se eerste koerant, Vereeniging Call, in 1923 uit ‘n nederige geboutjie in Marklaan begin bedryf.

VEREENIGING VIER VANJAAR SY 130STE BESTAANSJAAR. OM DIT TE VIER, KYK  VAALWEEKBLAD VANJAAR TERUG NA DIE MENSE EN GEBEURE WAT DIE STAD HELP ONTWIKKEL HET.

Vereeniging se mense het sommer vroeg-vroeg in die groeiende dorp se beginjare begin vra vir ‘n koerant om hulle op hoogte van plaaslike en nasionale nuus te hou.

‘n Skotse lettersetter, Thomas Thompson Grieve, het die geleentheid raakgesien en in 1923 die eerste koerant, Vereeniging Call, hier begin. Die publikasie is aanvanklik gratis aan lesers uitgedeel en het ‘n bestaan uit sy advertensie-inkomste gemaak. Mettertyd het die koerant so gewild geraak dat dit ‘n “verkoopkoerant” geword het, met ‘n aanvanklike omslagprys van ‘n oulap (een pennie) en later twee oulap.

Grieve, wat die redakteur sowel as drukker van Vereeniging Call was, het die koerant uit ‘n nederige geboutjie in Marklaan bedryf.

Die koerant se naam is later na Vereeniging News verander en het veral tussen 1950 en 1980 ‘n blomtyd met die toenemende nywerheidsontwikkeling in Vereeniging en Vanderbijlpark beleef.

Teen die 1980’s het Vereeniging News onder ‘n nuwe naam, Vaal Ster, aan Argus en Caxton behoort, en na uitgebreide samesprekings het dit saamgesmelt met Vaalweekblad (toe reeds ‘n Naspers-koerant). Vereeniging se oudste koerant leef dus nou voort as Ster, die trotse susterskoerant van Vaalweekblad en deel van MooiVaal Media, wat gesamentlik deur Media24 en Caxton besit word.

‘n Koerantverkopertjie uit 1923 langs ‘n plakkaat van Vereeniging Call, die dorp se eerste koerant. Dié koerant leef tot vandag toe voort onder sy nuwe naam: Ster, ‘n publikasie van MooiVaal Media.

*********************************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button